Genesis 17:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat in jou huis gebore is en hy wat met jou geld gekoop is, moet besny word; en my verbond sal in julle vlees wees as 'n ewige verbond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal moet besny word. So sal julle aan julle liggame die teken dra van my ewigdurende verbond. |
| Afrikaans 1933/1953 | die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as 'n ewige verbond. |
| Afrikaans 1983 | 'n Slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en een wat vir geld gekoop word, moet beslis besny word. So sal my verbondsteken aan julle liggame wees as 'n blywende verbond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Kind uit die huishouding en dié wat met geld gekoop is, moet beslis besny word. My verbond moet aan julle liggame wees as 'n ewige verbond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke seun in julle huis en ook elke slaaf wat julle gekoop het, moet besny word, sodat daar altyd aan julle liggame 'n bewys van my verbond kan wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kortom: al jou werkers se kinders asook daardie werkers wat jy gekoop het, se kinders moet besny word. Aan julle liggaam sal mense dan kan sien dat julle aan My behoort en dat Ek julle God is. En dit sal vir altyd so wees. |