Genesis 17:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat agt dae oud is, moet onder julle besny word, elke manlike seun in julle geslagte, hy wat in die huis gebore is of met geld gekoop is van enige vreemdeling wat nie uit jou nageslag is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Elke seun moet op die agtste dag na geboorte besny word. Dit geld nie net jou familie nie, maar ook alle slawe wat in jou huishouding gebore word en dié wat as slawe gekoop word.
Afrikaans 1933/1953 'n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie --
Afrikaans 1983 elke seun onder julle van ag dae oud moet besny word. Dit geld vir elke lid van die manlike geslag onder julle: al julle nageslagte en ook elke slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en die slawe wat van 'n vreemde met geld gekoop word, wat nie jou afstammeling is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die ouderdom van agt dae moet elke manlike persoon by julle besny word, deur al julle geslagte heen – ook 'n kind uit die huishouding, en dié wat met geld gekoop is van enige vreemde en wat nie deel is van jou nageslag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As 'n seun ag dae oud is, dan moet julle hom besny. Julle moet dit doen met elke seun in julle huis, en met elke slaaf wat in julle huis gebore word. Julle moet dit ook doen met elke slaaf wat julle koop, elke slaaf wat nie julle nageslag is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke seuntjie moet agt dae na sy geboorte besny word. Julle moet dit vir altyd doen. Selfs die kinders van jou werkers moet besny word. En die kinders van daardie werkers wat jy van vreemdelinge gekoop het, moet ook besny word.