Genesis 17:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou; Elke manlike seun onder julle moet besny word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dít is my verbond wat jy en jou nageslag moet onderhou: Elke manlike persoon onder julle moet besny word.
Afrikaans 1933/1953 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag njou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word --
Afrikaans 1983 Dit is my verbond wat moet geld vir jou en jou nageslag: elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dit is my verbond tussen My en julle en jou nageslag ná jou wat julle moet nakom: Elke manlike persoon onder julle moet besny word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is die verbond wat jy en jou nageslag moet hou: Julle moet elke man en seun besny.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is een ding wat julle moet doen. Julle mag dit nie vergeet nie. Jou kinders moet dit vir altyd onthou. Dit is dat al julle mans besny moet word aan hulle geslagsorgane.