Genesis 17:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is die Almagtige God; wandel voor my aangesig en wees volmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Abram 99 jaar oud was, het die Here weer aan hom verskyn en gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in my teenwoordigheid en wees opreg.
Afrikaans 1933/1953 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.
Afrikaans 1983 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abram was 99 jaar oud toe die Here aan hom verskyn het. Die Here het vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Jy moet My dien en reg lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Abram amper 99 jaar oud was, het die Here weer na hom toe gekom. “Abram,” het Hy gesê, “Ek is El Shaddai, die God wat almagtig en sterk is. Jy moet altyd naby aan My leef en net die regte dinge doen.