Genesis 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Sarai vir Abram: My onreg is op jou: ek het my slavin in jou boesem gegee; en toe sy sien dat sy swanger was, was ek in haar oë verag; die HERE oordeel tussen my en jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Sarai vir Abram: “Dit is alles jou skuld! Ek het my slavin vir jou gegee om by te slaap. Vandat sy agtergekom het dat sy swanger is, minag sy my. Die Here sal oordeel tussen my en jou!”
Afrikaans 1933/1953 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.
Afrikaans 1983 Toe sê Sarai vir Abram: “Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hê, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sarai sê toe vir Abram: “Die onreg wat ek moet verduur, rus op jou. Ek self het my slavin in jou skoot gegee, maar toe sy sien dat sy swanger is, het ek minderwaardig geword in haar oë. Mag die Here oordeel tussen my en jou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Sarai vir Abram: “Dit is nie reg nie en dit is jou skuld. Ek het my slavin vir jou gegee, maar toe sy swanger word, het sy begin dink sy is beter as ek. Die Here moet sê wie is reg en wie is verkeerd, ek of jy.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Diep seergemaak het Sarai vir Abram gesê: “Dis alles jou skuld. Ek verdien nie om so beledig te word nie. Ek het haar vir jou gegee, maar toe sy sien sy verwag, het sy my begin verag. Laat die Here tussen my en jou oordeel.”