Genesis 16:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Sarai vir Abram: Kyk tog, die HERE het my daarvan weerhou om te baar. Gaan tog in by my slavin; dit mag wees dat ek kinders by haar kan kry. En Abram het na die stem van Sarai geluister. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sarai sê toe vir Abram: “Die Here het my nie toegelaat om kinders te hê nie. Gaan slaap by my slavin. Dalk kan sy ’n kind in die wêreld bring wat ek as my eie kan beskou.” Abram het hiermee ingestem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wêreld wat my eie kan word.” En Abram het saamgestem met sy vrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sarai sê toe vir Abram: “Kyk, die Here weerhou my daarvan om kinders te kry. Gaan maar na my slavin; miskien kan ek deur haar 'n familie opbou. ” Abram het ingestem tot Sarai se voorstel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sarai het vir Abram gesê: “Die Here het my nie kinders laat kry nie. Gaan slaap by my slavin. Miskien kry sy 'n kind, en dan sal dit my kind wees.” Abram het geluister en gedoen wat Sarai gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here het my nie ’n kind van my eie gegee nie. So, vat haar. Slaap by haar en laat haar kind ook my kind wees.” Vir Abram was dit ’n uitstekende plan. |