Genesis 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy het die Naam van die HERE genoem wat met haar gespreek het: U God sien my, want sy het gesê: Het ek ook hier omgesien na hom wat my sien? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van toe af het Hagar die Here wat met haar gepraat het, genoem “die God wat my sien”, want sy het gesê: “Ek het die Een gesien wat my gesien het!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien? |
| Afrikaans 1983 | Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hagar het toe die Naam aangeroep van die Here wat met haar gepraat het: “U is die God wat my sien”. Want sy het gesê: “Het ek Hom wat my sien, ook hier gesien?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat die Here met Hagar gepraat het, het sy die Here aanbid. Sy het gesê: “U is die God wat my sien. Hier het ek ook die God gesien wat my gesien het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hagar het toe ’n naam vir die Here gegee: “U is die God wat mense raaksien en vir hulle sorg. Vandag het ek God gesien wat my raakgesien het.” |