Genesis 16:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal 'n wilde man wees; sy hand sal teen elkeen wees en elkeen se hand teen hom; en hy sal in die teenwoordigheid van al sy broers woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie seun van jou sal ’n wilde mens wees, soos ’n wildedonkie. Hy sal teen almal wees en almal sal teen hom wees. Hy sal in konflik lewe met sy broers.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sal 'n wilde-esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon. |
| Afrikaans 1983 | Jou seun sal 'n man wees so ontembaar soos 'n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hy sal 'n wildedonkie van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! In onvrede met al sy broers sal hy woon.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou seun sal soos 'n wildedonkie wees. Hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal nie by sy familie woon nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos ’n wilde donkie in die veld sal jou seun wees. Vry en ongebonde sal hy leef. Niemand sal oor hom heers nie. Teen almal sal hy hom verset en almal sal hom probeer tem. Met sy eie mense sal hy in vyandskap leef.” |