Genesis 16:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en jy sal 'n seun baar en hom Ismael noem; want die HERE het jou ellende gehoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Die engel van die Here sê toe weer vir haar: “Jy is nou swanger met ’n seun wat jy in die wêreld gaan bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het jou noodkreet gehoor.
Afrikaans 1933/1953 Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.
Afrikaans 1983 En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar: “Kyk, jy is swanger; jy sal 'n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Engel van die Here het ook vir haar gesê: “Kyk, jy is swanger en sal aan 'n seun geboorte gee. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou mishandeling gehoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Engel van die Here het ook vir haar gesê: “Hagar, jy is swanger en jy sal 'n seun kry. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het gehoor jy kry swaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here se Engel het ook nog verder gesê: “Jy verwag en binnekort sal jy ’n seun hê. Jy moet hom Ismael noem (dit beteken: ‘God het gehoor’), want die Here het jou gehoor toe jy in jou nood geroep het.