Genesis 15:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sê vir hom: Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê verder vir hom: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land in besit te neem.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir hom gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou laat wegtrek het uit Ur, die stad in die land van die Galdeërs. Ek het jou hiernatoe gebring, want Ek wil hierdie land vir jou gee. Hierdie land sal aan jou behoort.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder het die Here gesê: “Abram, Ek is die Een wat jou familie destyds uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het. Ek het dit gedoen omdat Ek hierdie land vir jou wil gee.” |