Genesis 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê: Dit sal nie jou erfgenaam wees nie; maar hy wat uit jou eie ingewande sal voortkom, sal jou erfgenaam wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir hom: “Nee, hy sal nie jou erfgenaam word nie. Jy sal ’n seun van jou eie hê wat al die besittings wat Ek jou gee, sal erf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. |
| Afrikaans 1983 | Maar die woord van die Here het tot Abram gekom: “Daardie een sal nie jou erfgenaam wees nie. Een wat jou eie nasaat is, hy sal jou erfgenaam wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar kyk, die woord van die Here kom toe tot Abram: “So iemand sal nie jou erfgenaam wees nie, slegs een wat uit jou liggaam voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe praat die Here weer met Abram en Hy sê vir hom: “Nee, dit is nie 'n slaaf wat al jou goed sal erf nie. Net jou eie seun sal jou goed erf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe vir Abram gesê: “Nee, dit sal nie gebeur nie. Eliëser sal niks van jou erf nie. Jou eie kind sal eendag alles kry.” |