Genesis 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Abram: Kyk, jy het aan my geen nageslag gegee nie, en kyk, iemand wat in my huis gebore is, is my erfgenaam.
Afrikaans (NLV) 2011 U het my geen kinders gegee nie. Een van my slawe sal dus alles erf wat ek besit.”
Afrikaans 1933/1953 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.
Afrikaans 1983 Abram het verder gesê: “U het nie vir my 'n nageslag gegee nie. 'n Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abram het ook gesê: “Kyk, vir my het U nie 'n nageslag gegee nie. Kyk, 'n seun uit my huishouding gaan my erfgenaam wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het nie vir my 'n nageslag gegee nie, en daarom sal een van my slawe alles erf wat ek het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “U het my nie ’n kind gegee nie, Here, en daarom sal een van my werkers nog al my besittings kry.”