Genesis 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Abram: HERE HERE, wat sal U my gee, aangesien ek kinderloos gaan en die bestuurder van my huis is hierdie Eliëser van Damaskus?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Abram het geantwoord: “Oppermagtige Here, wat beteken al u seëninge as ek nie eers ’n seun het nie? Daarom sal Eliëser van Damaskus my erfgenaam word.
Afrikaans 1933/1953 Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damask,ner Eliëser is?
Afrikaans 1983 Toe sê Abram: “Here my God, wat kan U vir my gee? Ek sal kinderloos sterf, en Eliëser die man uit Damaskus sal my besittings kry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Abram het gesê: “ Here, my Heer, wat sal U vir my gee? Kinderloos gaan ek heen. Die erfgenaam van my huis is Eliëser van Damaskus.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Abram: “Here, my Here, wat kan U vir my gee? Ek het nie kinders nie, en Eliëser, die man uit Damaskus, sal eendag al my goed erf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abram was so moedeloos oor sy kinderloosheid dat hy gesê het: “Ag, Here, wat help u geskenke as ek nie kinders het nie. Eliëser wat uit Damaskus kom, die een wat vir my werk, hy sal nog eendag al my goed erf.