Genesis 15:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op dieselfde dag het die HERE 'n verbond met Abram gesluit en gesê: Aan jou nageslag het Ek hierdie land gegee, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het die Here daardie dag ’n verbond met Abram gemaak en gesê: “Ek het hierdie land vir jou nageslag gegee, vanaf die Egiptespruit tot by die groot Eufraatrivier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: |
| Afrikaans 1983 | Op daardie dag het die Here 'n verbond gesluit met Abram en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van Egiptespruit af tot by die Eufraat, die groot rivier; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag het die Here met Abram 'n verbond gesluit: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag het die Here 'n verbond gemaak met Abram. Die Here het vir Abram belowe: “Ek gee vir jou nageslag hierdie land, van die Egipte-spruit tot by die groot Eufraat-rivier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie dag het die Here ’n ooreenkoms met Abram gemaak. Hy het vir Abram gesê: “Onthou, aan jou kinders gee Ek hierdie land. Alles van die Nyl in Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraat, sal hulle s’n wees. |