Genesis 15:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ook daardie nasie wat hulle sal dien, sal Ek oordeel; en daarna sal hulle uittrek met groot goed.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Ek sal dié nasie wat hulle soos slawe behandel, straf. Daarna sal jou nageslag met groot rykdom daar uittrek.
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
Afrikaans 1983 Maar Ek sal die nasie straf wat van jou nageslag slawe maak, en dan sal hulle met baie besittings wegtrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ook die nasie vir wie hulle moet dien, gaan Ek oordeel. Daarna sal hulle uittrek met 'n menigte besittings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Ek sal die volk straf wat hulle slawe laat word het. Daarna sal jou nageslag weggaan en hulle sal baie goed hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag sal Ek egter die nasie straf wat jou kinders so sal laat swaarkry. Daarna sal Ek jou kinders met baie besittings uit daardie land laat trek.