Genesis 15:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag 'n vreemdeling sal wees in 'n land wat nie aan hulle behoort nie, en hulle sal dien; en hulle sal hulle verdruk vier honderd jaar; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die Here vir Abram: “Weet verseker dat jou afstammelinge vreemdelinge in ’n vreemde land sal wees. Hulle sal 400 jaar lank as slawe verdruk word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die Here vir Abram: “Weet beslis dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sê toe vir Abram: “Weet baie goed dat jou nageslag •vreemdelinge sal wees in 'n land wat nie aan hulle behoort nie. Hulle sal daardie mense moet dien, en dié sal hulle verdruk, vierhonderd jaar lank. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die Here vir Abram: “Jou nageslag sal gaan woon in 'n land wat nie hulle eie land sal wees nie. Hulle sal vreemdelinge wees, maar hulle sal slawe wees, en die mense sal hulle 400 jaar lank verdruk. Dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In sy slaap het die Here toe vir hom gesê: “Abram, daar is iets wat jy moet weet. Jou kinders sal 400 jaar lank in ’n vreemde land woon en soos slawe moet werk. |