Genesis 15:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die son ondergaan, het 'n diepe slaap op Abram geval; en kyk, 'n verskrikking van groot duisternis het op hom geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie aand, toe die son besig was om onder te gaan, oorval ’n diep slaap Abram en angs en donkerte het hom oorval. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. |
| Afrikaans 1983 | Teen sononder het 'n diep slaap Abram oorval; angs, 'n groot donkerte het hom oorweldig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die son besig is om onder te gaan, het 'n diep slaap Abram oorval. Meteens oorval skrik, 'n groot duisternis, hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die son ondergaan, het dit baie donker geword, en Abram het bang geword. Maar daarna het hy baie vas geslaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen sononder het Abram aan die slaap geraak. Alles rondom hom het donker geword en hy het baie diep geslaap. |