Genesis 15:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het dit alles vir hom geneem en hulle in die middel verdeel en elke stuk teen mekaar gelê, maar die voëls het hy nie verdeel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abram bring dit toe vir die Here en slag hulle. Hy sny elkeen middeldeur en lê die helftes teenoor mekaar. Die duiwe sny hy egter nie in die helfte nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. |
| Afrikaans 1983 | Abram het dit alles vir die Here gebring en dit middeldeur gesny. Hy het elke helfte teenoor die ander helfte neergesit. Die voëls het hy nie verdeel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abram het dit alles vir Hom gebring en middeldeur gesny. Toe plaas hy die dele teenoor mekaar. Die voëls het hy egter nie deurgesny nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abram het die diere bymekaargekry, hulle middeldeur gesny en die helftes teenoor mekaar gesit. Die voëls het hy egter nie deurgesny nie. |