Genesis 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning van Sodom en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Seboim en die koning van Bela (dit is Soar) het uitgegaan en hulle het met hulle geveg in die dal van Siddim;
Afrikaans (NLV) 2011 Teen hierdie tyd het die leër van die konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela (dit is Soar) in die Siddimvlakte gereedgemaak vir oorlog
Afrikaans 1933/1953 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Seboim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,
Afrikaans 1983 Die konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela, dit is Soar, het toe opgetrek en in die Siddimvlakte teenoor die ander konings stelling ingeneem om te veg,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Sodom, die koning van Gomorra, die koning van Adma, die koning van Sebojim en die koning van Bela – dit is Soar – het uitgetrek en gevegslinies in die Siddimvallei opgestel teen hulle,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyf konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela het toe in die Siddim-vallei bymekaargekom om oorlog te maak
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela (dit is Soar) van Kedorlaomer-hulle se opmars hoor, het hulle in die Siddimvlakte bymekaargekom en vinnig hulle troepe vir die geveg opgestel.