Genesis 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het teruggekeer en by Enmispat aangekom, dit is Kades, en die hele land van die Amalekiete verslaan en ook die Amoriete wat in Haseson-Tamar gewoon het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het hulle omgedraai na En-Mispat (dit is Kades) en het die gebied van die Amalekiete verower, asook dié van die Amoriete wat in Gaseson-Tamar gewoon het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in H seson-Tamar woon. |
| Afrikaans 1983 | Kedorlaomer-hulle het toe omgedraai en by En-Mispat gekom, dit is Kades, en daar het hulle die hele gebied van die Amalekiete verower en ook nog die gebied van die Amoriete wat toe in Gaseson-Tamar gewoon het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe teruggedraai en by En-Mispat – dit is •Kades – gekom en die hele gebied van die Amalekiete verower, en selfs die •Amoriete wat in Gaseson-Tamar woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het koning Kedorlaomer en sy bondgenote omgedraai en by En-Mispat gekom. En-Mispat se ander naam was Kades. Hulle het die Amalekiete se hele land gevat, en hulle het ook die Amoriete oorwin wat in Gaseson-Tamar gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het hulle vinnig omgedraai en na die fontein van Oordeel (dit is Kades) teruggekeer. Kedorlaomer-hulle het onverwags op die Amalekiete toegeslaan en hulle gebied verower. Al die Amoriete wat destyds in Gaseson-Tamar gewoon het, is ook onderwerp. |