Genesis 14:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al hierdie is saamgevoeg in die dal van Siddim, dit is die Soutsee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela het ’n bondgenootskap gesluit en hulle leërs in die Siddimvlakte (dit is die vallei van die Dooie See), saamgetrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim, dit is die Soutsee. |
| Afrikaans 1983 | en as bondgenote opgetrek het na die Siddimvlakte toe, dit is vandag die Soutsee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het almal saam 'n bondgenootskap gevorm in die Siddimvallei, dit is by die Soutsee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie vyf konings het mekaar gehelp en hulle het 'n ooreenkoms met mekaar gemaak. Hulle het bymekaargekom in die Siddim-vallei. Die Siddim-vallei se ander naam was die Sout-see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bera en die ander konings het toe ’n bondgenootskap gevorm en in die Siddimvlakte (vandag is dit die Soutsee) bymekaargekom. |