Genesis 14:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Behalwe net wat die jongmanne geëet het, en die deel van die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre; laat hulle hul deel neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al wat ek sal aanvaar, is die kos wat hierdie manskappe reeds geëet het. Maar gee ’n deel van die buit aan my bondgenote Aner, Eskol en Mamre.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat die hulle deel neem. |
| Afrikaans 1983 | Afgesien van wat my manskappe geëet het, kan jy my buite rekening laat. Maar die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, hulle moet hulle deel kry.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sluit my uit! Net wat die jong manne geëet het, en die deel van die manne wat saam met my gegaan het – Aner, Eskol en Mamre – laat hulle dan hulle deel kry.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil niks van jou goed hê nie, net die kos wat my slawe geëet het. Maar die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, húlle moet die goed kry wat hulle moet kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Behalwe vir die kos wat my manne geëet het, vra ek niks nie. Maar Aner, Eskol, Mamre en al die ander manne wat my gehelp het, moet hulle deel kry.” |