Genesis 14:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat ek nie van 'n draad tot 'n skoenriem sal neem nie, en dat ek niks sal neem wat aan jou is nie, dat jy nie sê: Ek het Abram ryk gemaak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dat ek nie eens ’n garingdraad of ’n skoenveter van jou sal neem nie. Anders kan jy dalk sê: ‘Ek is die een wat vir Abram ryk gemaak het!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak. |
| Afrikaans 1983 | dat ek niks van jou sal vat nie, nie eers 'n garingdraad of 'n skoenveter nie, sodat jy nie kan sê: ‘Ek het vir Abram ryk gemaak’ nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nie die riempie of die bandjie van 'n sandaal sal ek vat van enigiets wat aan jou behoort nie, sodat jy nie kan sê, ‘Ek is die een wat Abram ryk gemaak het’ nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy is my getuie dat ek niks van jou sal neem nie, nie 'n garingdraad of 'n skoenveter of enige iets anders nie. Ek wil nie hê jy moet later sê: ‘Ék het vir Abram ryk gemaak’ nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | nie eers ’n garingdraad of ’n skoenveter nie. Nooit mag u sê dat u my ryk gemaak het nie. |