Genesis 14:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning van Sodom het uitgegaan hom tegemoet nadat hy teruggekeer het van die slagting van Kedorlaomer en van die konings wat saam met hom was, in die dal van Sawe, dit is die koningsdal.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Abram terugkom van sy oorwinning oor Kedorlaomer en sy bondgenote, het die koning van Sodom hom in die Sawevlakte (dit is die Koningsvallei) tegemoetgegaan.
Afrikaans 1933/1953 Nsy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laomer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
Afrikaans 1983 Toe Abram terugkom van sy oorwinning oor Kedorlaomer en die konings by hom, het die koning van Sodom vir Abram tegemoet gegaan in die Sawevlakte, dit is die Koningsvlakte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná sy terugkeer, toe hy Kedorlaomer en die konings by hom verslaan het, het die koning van Sodom uitgetrek om hom te ontmoet in die Sawevallei – dit is die vallei van die konings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Abram vir koning Kedorlaomer en die ander drie konings oorwin het, het hy teruggekom. Die koning van Sodom het hom kom ontmoet in die Sawe-vallei. Die vallei se ander naam was die Koning-vallei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Abram vir Kedorlaomer en sy bondgenote verslaan het, was hy weer op pad huis toe. Naby die Sawevallei (dit is die Koningsvallei) het hy skielik die koning van Sodom gesien. Hy het gekom om vir Abram dankie te sê.