Genesis 14:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het al die goed teruggebring en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring en ook die vroue en die volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het alles wat geroof is, teruggekry, ook sy neef Lot met sy besittings en al die vroue en ander gevangenes.
Afrikaans 1933/1953 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
Afrikaans 1983 Abram het al die besittings teruggekry. Hy het ook vir Lot, sy familielid, met al sy besittings teruggekry, ook die vrouens en al die ander mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het al die besittings teruggebring. Ook Lot, sy broer, het hy saam met sy besittings teruggebring, sowel as die vroue en die manskappe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abram het al hulle goed teruggebring. Hy het ook sy broer se seun Lot en sy goed teruggebring, ook die vroue en die ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abram het sy broerskind, Lot, gou opgespoor en hom met al sy besittings teruggebring. Abram kon ook al die besittings sowel as al die vroue en kinders wat Kedorlaomer se manne gevat het, terugkry.