Genesis 14:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hom in die nag teen hulle verdeel, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat aan die linkerkant van Damaskus is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het hy in die nag sy manskappe verdeel en die invallers van verskillende kante af aangeval. Kedorlaomer se leër het gevlug, maar Abram het hulle tot by Goba, noord van Damaskus, agtervolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê. |
| Afrikaans 1983 | Die nag het Abram en sy manne hulle van verskillende kante af aangeval en verslaan. Hy het hulle agtervolg tot by Goba, noord van Damaskus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die nag het hy en sy dienaars in verskillende groepe teen die konings verdeel en hulle aangeval. Hy het hulle agtervolg tot by Hoba, wat noord van Damaskus is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het Abram en sy manne die konings in die nag van verskillende kante aangeval en oorwin. Hulle het die konings gevolg en gejaag tot by die stad Goba, noord van Damaskus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die nag het Abram sy manne stilletjies ontplooi en onverwags op die Kedorlaomermanne toegesak. Hulle het die vyand byna vernietig en die vlugtendes tot so ver as Hoba, noord van Damaskus, agternagesit. |