Genesis 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het een wat vrygeraak het, gekom en dit aan Abram, die Hebreër, meegedeel; want hy het gewoon in die vlakte van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was verbonde aan Abram. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat ontsnap het, het dit vir Abram die Hebreër kom vertel. Abram het by die groot bome van Mamre die Amoriet gewoon. Mamre en sy bloedverwante Eskol en Aner was bondgenote van Abram. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram. |
| Afrikaans 1983 | Daar het egter iemand ontsnap en dié het alles gaan vertel vir Abram die Hebreër wat gewoon het by die groot bome van die Amoriet Mamre, 'n broer van Eskol en Aner. Hulle drie het 'n verdrag met Abram gesluit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Iemand wat ontkom het, het dit vir Abram, die Hebreër, vertel. Hy het gewoon by die akkerbome van die Amoriet, Mamre, die broer van Eskol en Aner. Hulle was bondgenote van Abram. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een man wat gevang is, het losgekom. Hy het alles vir Abram die Hebreër gaan vertel. Abram het toe gewoon by die bome van Mamre, die Amoriet. Mamre en sy broers Eskol en Aner was Abram se bondgenote. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat die geveg oorleef het, het vir Abram van Lot gaan vertel. Abram het in dié tyd by die groot bome van die Amoriet Mamre, ’n broer van Eskol en Aner, uitgekamp. Hierdie mense was Abram se bondgenote. |