Genesis 14:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Lot, die seun van Abram se broer, wat in Sodom gewoon het, en sy besittings geneem en vertrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook Lot, Abram se neef wat toe in Sodom gewoon het, gevange geneem en al sy besittings saamgeneem.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek -- want hy was in Sodom woonagtig.
Afrikaans 1983 Hulle het ook vir Lot, Abram se broerskind, en al sy besittings gevat en vertrek. Hy het daardie tyd in Sodom gewoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Lot, die broerskind van Abram, en sy besittings gevat en weggegaan. Hy het toe in Sodom gewoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook vir Lot en al sy goed gevat en weggegaan. Lot was Abram se broer se seun. Hy het in daardie tyd in Sodom gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van hierdie mense was Lot, die broerskind van Abram. Hy het destyds in Sodom gebly. Hulle het al sy besittings gevat en hom gedwing om saam met hulle te gaan.