Genesis 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle lewensmiddele geneem en weggetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seëvierende invallers het Sodom en Gomorra geplunder. Daarna het hulle al die besittings en kos in die stede gevat en saamgeneem huis toe.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.
Afrikaans 1983 Die vier konings het al die besittings van Sodom en Gomorra en ook al hulle kos buitgemaak en vertrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oorwinnaars het al die besittings van Sodom en Gomorra en al hulle kos gevat en weggegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vier konings het al die goed en die kos van die mense van Sodom en Gomorra gevat en weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Kedorlaomer-hulle op Sodom en Gomorra toegesak en alles gevat. Hulle het al die kos weggevat en sommer ook ’n klomp mense saam met hulle geneem.