Genesis 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die dal Siddim was vol slymputte; en die konings van Sodom en Gomorra het gevlug en daar geval; en die wat oorgebly het, het na die berg gevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vallei was egter vol asfaltgate. Toe die leër van Sodom en Gomorra vlug, het sommige in die gate geval en die ander het na die berge toe gevlug.
Afrikaans 1933/1953 Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.
Afrikaans 1983 In die Siddimvlakte was daar oral asfaltgate, en toe die konings van Sodom en Gomorra gevlug het, het hulle daarin geval. Wie van hulle oorgebly het, het na die berge toe gevlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die Siddimvallei was daar asfaltput op asfaltput. Die konings van Sodom en Gomorra het gevlug en daarin geval. Dié wat oorgebly het, het die berge in gevlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die Siddim-vallei was daar gate in die grond, en daar het teer uit die gate gekom. Die konings van Sodom en Gomorra het gevlug en hulle het in die gate geval. Die soldate wat oorgebly het, het na die berge gevlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kedorlaomer-hulle het gou die oorhand gekry en die mense het begin vlug. Oral in die Siddimvlakte was daar asfaltgate, en soos die mense gevlug het, het hulle daarin geval. Sodom en Gomorra se konings het ook daarin geval. Die res het berge toe gevlug.