Genesis 13:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is die hele land nie voor jou nie? Skei jou tog van my af; as jy die linkerhand wil neem, dan sal ek regs gaan; of as jy na regterhand wyk, dan sal ek na links gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kies jy enige deel van die land, dan gaan ons uitmekaar. As jy anderkant toe wil gaan, sal ek hier bly. As jy verkies om hier te bly, sal ek elders heen trek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan. |
| Afrikaans 1983 | Die hele land lê oop voor jou. Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs; en as jy regs gaan, gaan ek links.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lê die hele land nie oop voor jou nie? Trek liewer van my weg. As jy links gaan, sal ek regs gaan; en as jy regs gaan, sal ek links gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hele land lê oop voor jou. Ons moet weggaan van mekaar. As jy links gaan, dan sal ek regs gaan, of as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dalk is dit maar beter dat ons paaie skei. Kies waarheen jy wil gaan. As jy die een deel kies, neem ek die ander. Trek jy na die een deel van die land toe, gaan ek elders. So, jy kan kies.” |