Genesis 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was 'n twis tussen die herders van Abram se vee en die herders van Lot se vee, en die Kanaäniete en die Feresiete het toe in die land gewoon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Boonop het die Kanaäniete en die Feresiete ook destyds nog in die land gewoon. Toe ontstaan daar ’n rusie tussen Abram en Lot se veewagters. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon. |
| Afrikaans 1983 | Die Kanaäniete en die Feresiete het ook nog in die gebied gewoon. Daar het toe 'n getwis ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot s'n. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en daar het 'n stryery ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot se veewagters. Die Kanaäniete en Feresiete het toe nog in die land gewoon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abram en Lot se skaapwagters het met mekaar gestry en rusie gemaak. In daardie tyd het die Kanaäniete en Feresiete ook in die land gewoon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abram en Lot se werksmense het ook baie met mekaar begin baklei. In dié tyd het die Kanaäniete en die Feresiete in die land gebly. |