Genesis 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Abram en Lot kon nie meer bymekaar woon nie, want die weiveld was te klein vir hulle groot troppe vee. Hulle kon dus nie meer saam boer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie. |
| Afrikaans 1983 | Die land kon nie in Abram en Lot saam se behoeftes voorsien sodat hulle bymekaar kon bly nie. Hulle besittings was te veel; hulle kon nie bymekaar bly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die land kon hulle nie meer dra, sodat hulle saam kon woon nie, want hulle besittings was te veel. Hulle kon net nie meer saam woon nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was nie genoeg grond vir Abram en Lot saam nie. Hulle kon nie bymekaar woon nie, want hulle het te veel diere en ander goed gehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Naderhand kon hulle nie meer saamleef nie. Die vee was te veel en die land te klein. |