Genesis 13:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Abram sy tent opgeslaan en gekom en gaan woon in die vlakte van Mamre wat in Hebron is, en daar 'n altaar vir die HERE gebou.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Abram sy kamp verskuif na die groot bome van Mamre, naby Hebron. Daar het hy ’n altaar vir die Here gebou.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.
Afrikaans 1983 Abram het sy tente versit en gaan woon by die groot bome van Mamre by Hebron. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abram het sy tente versit. Hy het by die akkerbome van Mamre, wat by Hebron is, aangekom en daar gewoon. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abram het sy tente opgeslaan en hy het gaan woon by die bome van Mamre, by die stad Hebron. Abram het daar 'n altaar vir die Here gebou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abram het toe sy tent en al sy ander goed gepak en begin trek. Sy eerste kampplek was by die bome van Mamre duskant Hebron. Daar het hy vir die Here ’n altaar gebou.