Genesis 13:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel sal word.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gaan vir jou soveel afstammelinge gee dat hulle, net soos die stof op die aarde, nie getel kan word nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
Afrikaans 1983 Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof van die aarde. As iemand die stof van die aarde kan tel, sal jou nageslag ook getel kan word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat, as iemand die stof van die aarde kan tel, ook jou nageslag getel sal kan word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof op die aarde. As iemand die stof op die aarde kan tel, dan sal hy jou nageslag ook kan tel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek maak jou nageslag so baie soos die stof van die aarde. As iemand die stof kan tel, sal hulle ook jou nageslag kan tel.