Genesis 13:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Abram, nadat Lot van hom geskei is: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy is, noord en suid, en oos en wes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Lot vertrek het, sê die Here vir Abram: “Kyk ’n bietjie rond in alle rigtings, so ver as wat jy kan sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; |
| Afrikaans 1983 | Nadat Lot van Abram af weg is, het die Here vir Abram gesê: “Kyk tog rond, kyk van hier af waar jy is, na die noorde en die suide, na die ooste en die weste. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het egter, nadat Lot van hom af weggetrek het, vir Abram gesê: “Kyk rond! Kyk van die plek waar jy is, na die noorde, die suide, die ooste en die weste; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Lot weggegaan het van Abram, het die Here vir Abram gesê: “Kyk rondom jou. Kyk noord, kyk suid, kyk oos, kyk wes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na Lot van hom weg is, het die Here vir Abram gesê: “Kyk net ’n bietjie om jou,” het Hy gesê. “Kyk stip in die rigting van die noorde en die suide, die ooste en die weste. |