Genesis 13:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Abram het in die land Kanaän gewoon, en Lot het in die stede van die vlakte gewoon en sy tent opgeslaan in die rigting van Sodom.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Abram in die land Kanaän gebly het, het Lot sy tente tussen die stede in die vallei opgeslaan naby Sodom.
Afrikaans 1933/1953 Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.
Afrikaans 1983 Abram het in Kanaän bly woon, en Lot het in die stede van die Jordaanstreek gewoon; tot by Sodom het hy gaan tent opslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abram het in die land Kanaän gewoon, en Lot het by die dorpe van die Jordaanstreek gaan woon; hy het sy tente tot by Sodom opgeslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abram het in Kanaän gewoon en Lot het by die stede in die suide van die Jordaan-vallei gaan woon. Hy het tot by die stad Sodom getrek en sy tente daar opgeslaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het Abram en Lot se paaie geskei. Abram het alleen in die land Kanaän agtergebly terwyl Lot in die Jordaanvallei se groot stede gaan woon het. Na ’n ruk het hy in die buitewyke van die stad Sodom gaan bly.