Genesis 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Lot vir hom die hele Jordaanvlakte gekies; en Lot het na die ooste weggetrek, en hulle het die een van die ander geskei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe kies Lot die Jordaanvallei en trek ooswaarts. So is die twee mans van mekaar af weg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei. |
| Afrikaans 1983 | Lot het die hele Jordaanstreek vir hom gekies en hy het ooswaarts versit. So het die twee van mekaar geskei: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lot kies toe vir hom die hele Jordaanstreek. Lot het ooswaarts getrek, en so het hulle van mekaar geskei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Lot het toe die Jordaan-vallei vir homself gekies en hy het oos getrek. So het Lot weggegaan van Abram. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lot het toe die hele Jordaanvallei vir homself gekies. Hy het toe sy oom, Abram, gegroet en ooswaarts getrek. |