Genesis 13:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe slaan Lot sy oë op en sien die hele Jordaanvlakte dat dit oral goed natgemaak is, voordat die HERE Sodom en Gomorra vernietig het, soos die tuin van die HERE, soos Egipteland, soos jy by Soar kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Lot het rondgekyk na die vrugbare vlaktes van die Jordaanvallei in die rigting van Soar. Die hele gebied was waterryk, soos die tuin van die Here of die vrugbare Egipte. Dit was nog voor die Here Sodom en Gomorra vernietig het.
Afrikaans 1933/1953 Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.
Afrikaans 1983 Lot het toe rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos 'n tuin van die Here, soos Egipte. Dit was naamlik nog voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lot het rondgekyk en gesien dat daar in die hele Jordaanstreek volop water was. Voor die Here Sodom en Gomorra verdelg het, was dit soos die tuin van die Here, en soos Egipteland, in die rigting van Soar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Lot het rondgekyk en gesien daar is baie water by die stad Soar in die suide van die Jordaan-vallei. Dit het gelyk soos 'n tuin van die Here, en soos in Egipte. Dit was voordat die Here vir Sodom en Gomorra verwoes het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lot het toe rondgekyk. Die Jordaanvallei met sy baie water was vir hom baie mooi. Dit was natuurlik voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het. Dit was so mooi soos die tuin van die Here, of soos die dele naby Soar in Egipte.