Genesis 13:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Abram het uit Egipte opgetrek, hy en sy vrou en alles wat hy gehad het, en Lot saam met hom, na die suide. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abram het toe met sy vrou, al hulle besittings en Lot, Egipte verlaat en noordwaarts na die Negev getrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom. |
| Afrikaans 1983 | Abram het uit Egipte na die Suidland toe getrek, hy en sy vrou met al sy besittings, en Lot saam met hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abram het uit Egipte na die Negev opgetrek, hy en sy vrou met alles wat aan hom behoort, en Lot saam met hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abram het uit Egipte weggegaan na die Suid-land, hy en sy vrou en alles wat hy gehad het. Lot het saam met hom gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van Egipte af het Abram na die suidelike woestyn getrek. Saam met hom was sy vrou asook Lot en almal wat vir hom gewerk het. |