Genesis 12:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarvandaan het hy opgetrek na 'n berg oos van Bet-el en sy tent opgeslaan met Bet-el aan die westekant en Hai aan die oostekant; en hy het daar 'n altaar vir die HERE gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Abram verder suid getrek en kamp opgeslaan in die heuwels met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy ook ’n altaar gebou en die Here aanbid.
Afrikaans 1933/1953 En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste-- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE 'n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
Afrikaans 1983 Van daar af het Abram verder getrek na die bergwêreld toe, oos van Bet-El, waar hy tent opgeslaan het met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou en die Naam van die Here aangeroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het daarvandaan verder getrek na die heuwelland oos van Bet-El, en sy tente opgeslaan tussen Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy vir die Here 'n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abram het van daar verder getrek na die berg oos van die stad Bet-El, en hy het sy tente daar opgeslaan. Bet-El was wes van hulle, en die stad Ai was oos. Abram het daar 'n altaar vir die Here gebou. Hy het die Here aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af is hy bergwêreld toe en het net oos van Bet-El kamp opgeslaan. Waar sy tent gestaan het, was Bet-El aan sy westekant en Ai aan die oostekant. Hy het weer ’n altaar vir die Here gebou en daar gebid.