Genesis 12:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE het aan Abram verskyn en gesê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee; en Hy het daar 'n altaar gebou vir die HERE wat aan hom verskyn het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het aan Abram verskyn en gesê: “Hierdie land gee Ek vir jou nageslag.” Toe bou Abram daar ’n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar 'n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.
Afrikaans 1983 Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.” Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here verskyn toe aan Abram en sê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.” Hy het toe daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek gee hierdie land vir jou nageslag.” Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Abram, hierdie land sal Ek nog vir jou en jou nageslag gee.” Abram was bly en het vir die Here wat aan hom verskyn het ’n altaar gebou.