Genesis 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Abram het deur die land getrek tot by die plek Sigem, tot by die vlakte More. En die Kanaäniet was toe in die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het hulle deur die land getrek tot by die waarsêersboom naby die plek Sigem. Die Kanaäniete het toe nog in die land gewoon. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land. |
| Afrikaans 1983 | het Abram deur die land getrek tot by Sigem se aanbiddingsplek by die groot waarsêersboom. In daardie tyd het die Kanaäniete die land bewoon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abram het deur die land getrek tot by die plek Sigem, tot by die akkerboom van Morê. Die Kanaäniete was toe in die land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het Abram deur die land getrek tot by die gewyde plek van Sigem, dit is die boom van die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. In daardie tyd het die Kanaäniete in die land gewoon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abram het deur die land getrek en by Sigem gekom. Hy het digby die groot boom van More kamp opgeslaan. In daardie stadium het die Kanaäniete in die land gebly. |