Genesis 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Abram het sy vrou Sarai geneem en Lot, sy broer se seun, en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak het, en die siele wat hulle in Haran gekry het; en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan; en hulle het in die land Kanaän gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het sy vrou, Sarai, sy neef Lot en al hulle besittings, asook almal wat in Haran deel van sy gesin geword het, saamgeneem Kanaän toe. Daar aangekom, |
| Afrikaans 1933/1953 | En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy vrou Sarai en sy broerskind Lot en al die besittings wat hulle bymekaargemaak het en al die slawe wat hulle in Haran aangeskaf het, saamgevat en hulle het weggetrek na Kanaän toe. Nadat hulle in Kanaän aangekom het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem, ook al die besittings wat hulle bekom het, en al die mense wat hulle in Haran verkry het. Hulle het vertrek om na die land Kanaän te gaan en het in die land Kanaän aangekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abram het sy vrou Sarai, sy broer se seun Lot en al hulle goed saamgeneem. Hy het ook al die slawe geneem wat hulle in Haran gehad het. Hulle het weggegaan na die land Kanaän. Toe hulle in Kanaän kom, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abram het sy vrou, Sarai, sy broerskind, Lot, en al die besittings wat hulle oor die jare opgegaar het, saamgevat. Al die mense wat vir Abram-hulle in Haran gewerk het, het ook saamgetrek. Hulle het in die rigting van Kanaän begin trek en na ’n lang tyd daar aangekom. |