Genesis 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal seën die wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek. In jou sal al die mense op die aarde geseën word.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseënword.
Afrikaans 1983 Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle seën wat jou seën, maar wie jou verwens, sal Ek vervloek. En deur jou sal al die grootfamilies van die aarde geseënd wees. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand jou seën, dan sal Ek hom ook seën, en as iemand jou vervloek, dan sal Ek hom ook vervloek. Al die mense van die aarde sal jou naam gebruik om te bid dat Ek hulle moet seën soos Ek jou geseën het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie vir jou goed is, sal Ek gelukkig maak. Wie jou sleg behandel, sal teëspoed ervaar. Oor jou sal dit met alle mense op aarde goed gaan.”