Genesis 12:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Farao het sy manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom en sy vrou en alles wat hy het, weggestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het toe vir Abram en sy vrou, asook al hulle besittings onder begeleiding uit die land gestuur.
Afrikaans 1933/1953 En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.
Afrikaans 1983 Toe het die farao aan sy amptenare bevele oor Abram uitgereik, en hulle het hom en sy vrou met al sy besittings uit die land uit gestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het manne opdragte gegee oor hom, en hulle het hom, sy vrou en al sy besittings uitgeleide gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het toe vir sy amptenare gesê hulle moet Abram en sy vrou en al sy goed uit die land stuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het soldate saamgestuur om seker te maak dat Abram, sy vrou en al sy besittings die land verlaat.