Genesis 12:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het Abram goed gesmeek om haar ontwil, en hy het kleinvee en beeste gehad, en esels en slawe en slavinne, en sy esels en kamele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ter wille van haar het die farao vir Abram baie geskenke gegee in die vorm van kleinvee, grootvee, donkies, slawe, slavinne en kamele. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het aan Abram goed gedoen oor haar en vir hom kleinvee en beeste gegee; ook donkies, slawe en slavinne, donkiemerries en kamele. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het aan Abram goed gedoen ter wille van haar: Hy het kleinvee en beeste, donkies, slawe en slavinne, donkiemerries en kamele ontvang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die farao was goed vir Abram omdat hy gedink het Sarai is sy suster. Hy het vir Abram skape, bokke, beeste, donkies, slawe, slavinne, donkie-merries en kamele gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met Abram het dit ook baie goed gegaan oor haar. Hy het vee, beeste en donkies, slawe en kamele gekry oor sy vrou Sarai. |