Genesis 12:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook die vorste van Farao het haar gesien en haar voor Farao geprys, en die vrou is in die huis van Farao geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Die paleisamptenare het haar gesien, die farao van haar vertel en sy is in sy paleis opgeneem.
Afrikaans 1933/1953 Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.
Afrikaans 1983 En toe die farao se amptenare haar sien, het hulle haar by hom aanbeveel, en sy is na die farao se paleis toe gevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •hoë amptenare van die farao het haar gesien en haar lof by die farao besing. Die vrou is toe na die paleis van die farao geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao se amptenare het haar gesien, en hulle het vir die farao gaan vertel van die mooi vrou. Hulle het haar gaan haal en sy moes in die farao se paleis gaan bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sommige belangrike amptenare het haar ook raakgesien en vir die koning van haar vertel. Sarai is toe terstond gehaal en na die koning se huis geneem.