Genesis 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was hongersnood in die land, en Abram het na Egipte afgetrek om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die land met ’n swaar hongersnood getref is, het Abram Egipte toe gegaan om tydelik daar te bly.
Afrikaans 1933/1953 En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
Afrikaans 1983 Daar was hongersnood in die land, 'n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar 'n heenkome te vind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe kom daar 'n hongersnood in die land, en Abram het na Egipte afgetrek om daar as •vreemdeling te woon, want die hongersnood was swaar in die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd was daar hongersnood in die land. Abram het na Egipte gegaan om daar te gaan woon, want daar was baie min kos in sy eie land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n ruk het daar hongersnood uitgebreek. Toe daar nie meer kos was nie, het Abram Egipte toe getrek. Hy kon nie anders nie, want daar was niks meer om te eet nie.