Genesis 11:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom word die naam daarvan Babel genoem; want die HERE het daar die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is dan ook hoekom die stad Babel genoem is, want dis waar die Here die mense se taal verwar het sodat hulle oor die aarde versprei het.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
Afrikaans 1983 Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here in die taal van die aarde verwarring gebring, en van daar af het Hy die mense oor die hele aarde verstrooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom word dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar. Daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde versprei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here die mense se taal deurmekaar gemaak en van daardie plek het Hy die mense laat gaan om oral op die aarde te woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis hoekom hulle daardie plek Babel genoem het, want dit is waar die Here die mense verskillende tale laat praat het en hulle oor die hele aarde versprei het.